WES-KAAP NUUS - Byna 'n kwart (22,78%) van misdaad wat landwyd in 2016/17 gerapporteer is, het in die Wes-Kaap plaasgevind, sê die minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato.
Uit die hele Suid-Kaap blyk dit Groot-Brakrivier-polisiestasie kry die swaarste met een beampte vir 566 inwoners wat bedien moet word.
In Hessequa-bedieningsgebied staan sake so:
- Albertinia 1 per 293
- Riversdal 1 per 333
- Stilbaai 1 per 262 en
- Heidelberg 1 per 288
Volgens Plato het die aantal aktiewe polisiereserviste sedert 2008 ook met 66% gedaal (van 5 059 tot net 1 700).
In die polisie se jaarlikse prestasieplan vir 2017/18 is daar aan die lig gebring dat die personeelgetalle vanaf 2014 tot 191 431 teen 2019/20 verminder sal word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'