STILBAAI NUUS - Die dorp se skryfkring het Woensdag 15 Augustus hul jaarlikse voorlesingsfunksie in Jagersbosch se Waenhuis aangebied.
Sewe stories, waarvan twee in Engels was, is deur die skrywers self of lede van dié aktiewe skryfkring, waarvan sommige lede selfs al hul werke gepubliseer het, aan 'n groot gehoor belangstellendes en lede voorgelees.
Die skrywers Carol Malan, Marianne Collen, Tienie Holtzhausen, Esther Scheffer en Belinda Gordon het hul eie werke entoesiasties voorgelees terwyl Marie Cronjé die stories van Wilna Meyer en Ann Hiemstra aangebied het. Die Stilbaai-skryfkring vergader elke laaste Donderdagmiddag om 14:00 by Die Waenhuis.
Maandeliks word drie lede se skrywes bespreek terwyl ander lede hul werke kan voorlees vir behandeling deur die lede.
Boeke wat deur die lede gepubliseer is, is beskikbaar by die plaaslike biblioteek. Belangstellendes kan Kosie Delport by 083 659 0543 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'