STILBAAI NUUS - Die 39-jarige Ashley Scheepers van Melkhoutfontein is laaste gesien toe hy op Saterdag, 23 Januarie na Kaapstad vertrek het om werk te gaan soek.
Hy het ‘n grys en rooi sweetpak, blou drafskoene en ‘n blou pet gedra.
Hy het bruin oë, weeg 66 kg en is 1.75m lank. Sy kop is kaalgeskeer en hy het ‘n litteken aan die regterkant van sy kop.
Enigeen wat weet waar Scheepers hom bevind, word gevra om konst Adriaan Erasmus by Stilbaai-polisie (079 894 1593) of die Pink Ladies Organisasie (072 214 7439) te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'