Update
HESSEQUA NUUS - Die gestrande walvis te Jongensfontein se karkas gaan wel verwyder word.
Die onlangse gure weer wat per toeval ook met 'n springgety gepaard gegaan het, het die situasie op die perseel aansienlik verander omdat die karkas landwaarts geskuif en dus bereikbaar is.
Hessequa-munisipaliteit is in die proses om die nodige reëlings te tref om die verwydering te bewerkstellig.
Strande sover as Stilbaai sal vir die durasie van die operasie gesluit wees.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'