HESSEQUA NUUSFLITS - Die afvuur van vuurwerke in die streek word slegs op Oujaarsaand tussen 23:00 en 00:30 by goedgekeurde persele toegelaat.
Geen vuurwerke sal op Gouritsmond en Jongensfontein toegelaat word nie.
"Die loslaat van Chinese lanterns word heeltemal verbied in terme van die toepaslike wetgewing," sê Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder vir Hessequa-munisipaliteit.
Persone wie vuurwerke op ‘n nie-goedgekeurde perseel afvuur, sal met R1 000 beboet word soos per die betrokke wetgewing.
Die afvuur van vuurwerk sal noukeurig deur die verkeersdepartement gepolisieër word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'