ALBERTINIA NUUS - Die formalisering van die tak- en die dagbestuur van Albertinia SANWIT (South Africa National Women in Transport) is Vrydag 28 Junie tydens hulle eerste vergadering gekies.
SANWIT is 'n organisasie wat op die bemagtiging en mobilisering van vroue en jong persone fokus en is ontwikkel om met besighede en die regering te skakel rakende die ontwikkeling en bemagtiging van vroue in besigheid.
Hul lede het toegang tot fondse vir die ontwikkeling of uitbreiding van ondernemings, netwerke, opleiding, vaardigheidsont-wikkeling en ondersteuning in verskeie vorms.
Plaaslike lede is elkeen reeds in hul eie projekte en ondernemings betrokke, maar is baie opgewonde dat hulle deel van 'n spreekbuis is wat groter toegang tot verdere opleiding, netwerkgeleenthede en finansiering het.
Van links: Theresia van Rensburg, Rita Brits, Dawn Stevans, Roseline Kannemeyer, Cathrina Saayman, Marlene Prins, Moira Krige (voorsitter, SANWIT: Wes-Kaap), Precious Mahe (ondervoorsitter, SANWIT: Wes-Kaap) en Natasha Gcuwa (sekretaris: SANWIT: Wes-Kaap).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'