TUINROETE | KAROO NUUS - Op Sondag, 10 April om 17:00 praat Mosselbaaier, Karen Swanepoel (47) by die Kom Tuis-gemeente in Beldonstraat, Heiderand.
Swanepoel het onlangs 'n boek geskryf, Ek sal weer 'n loflied sing.
In die boek vertel Swanepoel van die swaar pad wat sy moes stap nadat sy haar man, Schalk (39) en haar kinders, Jeanelle (5) en Juan (2) in 2012 in 'n botsing reg van voor op die N1-hoofweg tussen Ventersburg en Winburg verloor het.
Vir meer inligting oor haar praatjie by die Kom Tuis-gemeente, kontak ds Gielie Joubert by 072 137 3535.
Lees meer in Susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'