Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ‘n Vragmotor het vanoggend op die N2 tussen Riversdal en Albertinia omgeslaan (sowat 10km van Riversdal).
Nooddienste kon nog nie daarin slaag om die vragmotorbestuurder te bevry uit die kajuit nie.
Die sitplek het hom blykbaar vasgedruk, maar dit is reeds verwyder.
Dis nie seker of, en hoe ernstig hy beseer is nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'