Update
WITSAND NUUSFLITS – Vrae deur inwoners oor die beplande ontsoutingsaanleg in dié kusdorp is Donderdagaand 23 Augustus tydens ’n openbare vergadering in die gemeenskapsaal beantwoord.
Die aanleg sal die eerste in Suid-Afrika wees wat sonkrag sal gebruik om sy prosesse aan te dryf.
Onder die kundiges was Louise-Mari van Zyl, direkteur van die Cape Environmental Assessment Practitioners (Cape-EAP) wat reeds baie ondervinding met soortgelyke aanlegte het, dr. Barry Clark, direkteur by Anchor Environmental Consultants (AEC), wat aansienlike ervaring as wetenskaplike navorser, dosent en konsultant in tropiese-, subtropiese- en gematigde ekosisteme het, asook die Franse ontwerper van die produk, Patrice Boyer, siviele ingenieur en die projekbestuurder.
Inwoners het duidelik bedenkinge gehad oor die negatiewe impak wat die aanleg kan hê.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Deurbraak met sonpaneel ontsouting
- Ontsoutingsaanleg 'n eerste in SA
- Ontsoutingsaanleg dalk in vooruitsig
- Ontsoutingsaanleg vir Hessequa
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'