Gallery Video
WITSAND NUUSFLITS EN VIDEO - Hessequa-munisipaliteit staan op die drumpel om ’n reuse deurbraak te maak met die installasie van die eerste sonpaneel aangedrewe ontsoutingsaanleg in Suid-Afrika.
Dr. Ivan Meyer, minister van finansies in die Wes-Kaap het dié kusdorp Maandag 9 Julie besoek vir ’n voorlegging van die projek wat volgens plan in Oktober vanjaar in werking sal kom, om op volle sterkte in November te wees, betyds vir die groot toeloop na die strande.
Die voorlegging was deur Harold Basson, direkteur: tegniese dienste gedoen. Na die voorlegging was daar ’n terreininspeksie van die presiese plek waar die aanleg gebou gaan word. Daar is reeds bestaande infra-struktuur wat die hele projek koste-effektief vir die munisipaliteit maak.
Prof. Erwin Schwella van die Universiteit Stellenbosch, asook die Universiteit van Tilsburg, in samewerking met die munisipaliteit is die groot dryfveer agter die projek. Die Franse Tesourie en die Wes-Kaapse Droogteverligtingsfonds dra mildelik by om die eerste innoverende groen-tegnologie hier te implementeer.
Kyk 'n video hieronder:
Van links is Andrew Stroebel, speaker en Harold Basson met hul rûe na die kamera en dr. Ivan Meyer.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'