RIVERSDAL NUUSFLITS - Oktober, die mooiste mooiste maand volgens die digter C Louis Leipoldt en Greenfingers se tuinboulede moes saamstem dat hierdie uitstappie op Woensdag 11 Oktober na Swellendam een van die mooiste ervarings nog was.
Nie net is hul beloon met ‘n pragtige sonskyndag nie, maar die tuine was getooi in malse kleur en prag.
Hul eerste besoekpunt was Rooiklip-kwekery wat in aalwyne, vetplante, clivias en broodbome spesialiseer.
Hannes het entoesiasties vertel waarom hulle as ‘n spesialiskwekery bekendstaan. Hulle eksperimenteer en kweek self hul plante met sade.
Die statige Aloe King Rex, ‘n vermenging tussen ‘n aloe en kokerboom was die middelpunt in die Chelsea-blommeskou wat vanjaar in Londen plaasgevind het.
Daarna ‘n besoek aan die historiese plaasopstal, Klipperivier waar Hanneke Dippenaar se plaastuin almal se asems weggeslaan het.
Lede is gul ontvang met tee en watertand eetgoed op pragtig gedekte tafels met kleurvolle blomme, wat bygedra het tot ‘n vrolike lentegevoel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'