ALBERTINIA NUUS - 'n Voetganger is dood na hy Dinsdag, 30 Maart om ongeveer 10:30 deur 'n bakkie op die N2 buite Albertinia, rigting Mosselbaai raakgery is.
Die 64-jarige man van Brandwag, Albertinia is op die toneel deur nooddienste behandel en is na Riversdal-hospitaal geneem.
"Die enigste inligting wat hy vir ons oor die voertuig kon gee, is dat dit 'n klein trokkie met 'n groen streep was wat hom getref het," het kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie gesê. "Ons het ook sy werkgewer van die voorval in kennis gestel."
Die hospitaal het later die middag laat weet dat die man intussen oorlede is.
'n Saak van strafbare manslag is geopen en word ondersoek. Enige ooggetuies of wat dalk so 'n voertuig opgemerk het, word gevra om die polisie (028 735 8047) te skakel.
Die skoen wat aan sy regtervoet was.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'