ALBERTINIA NUUS - 'n Voetganger is Dinsdag, 30 Maart om ongeveer 10:30 deur 'n bakkie op die N2 buite Albertinia, rigting Mosselbaai raakgery.
Jan Geduld (64) van Brandwag, Albertinia het beserings aan sy regtervoet en linkerheup opgedoen.
"Al inligting oor die voertuig wat hy vir ons kon gee, is dat dit 'n klein trokkie met 'n groen streep was wat hom getref het," het kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie gesê.
Enige ooggetuies of wat dalk so 'n voertuig opgemerk het, kan die polisie (028 735 8047) skakel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'