Update
ALBERTINIA NUUS - Die 64-jarige man wat vanoggend om 10:30 op die N2 buite Albertinia raakgery is, het intussen gesterf.
Hy was in Riversdal-hospitaal opgeneem.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie is die enigste inligting tot hul beskikking dat dit 'n klein trokkie met 'n groen streep was wat hom getref het.
‘n Dringende beroep word op ooggetuies, of enigiemand wat oor enige inligting oor die trokkie beskik om die polisie (028 735 8047) te skakel.
Vorige artikel: Voetganger op N2 raakgery
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'