ALBERTINIA NUUS - ‘n Vragmotor met sy sleepwa het gistermiddag, Donderdag, 19 November op die N2-snelweg naby Albertinia geknipmes en verkeer tot stilstand gedwing.
Die vragmotor was oppad om voer by silos in die Hessequa-streek af te laai.
Ao Ciska Badenhorst, Albertinia-polisie se kommunikasiebeampte sê die vragmotordrywer het ongeveer 5km van Albertinia in die Riversdal rigting gepoog om ‘n U-draai op die snelweg te maak toe dit geknipmes het en tot stilstand gedwing is.
Verkeer is vir ongeveer 2-ure ontwrig terwyl die vragmotor deur ‘n insleepdiens weer in sy baan gesleep is en verder kon ry.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'