RIVERSDAL NUUS - Die VLV van Riversdal het Saterdagoggend 30 Julie 'n handwerkgeleentheid by Enya's-koffiewinkel vir sy lede en ander gaste aangebied.
Die bekwame SWD VLV-lid, Trienie Barnard van Sedgefield, het die vroue in onder andere, die fynere kunsies van spikkelverf ("dot paint") touwys gemaak.
Agter van links: Annatjie Kruger, Trienie Barnard (VLV SWD-bestuurslid), Lannice (gasvrou van Enya's, Amanda du Plessis en Marlene Dippenaar. Voor: Isabel Cronje, Gay Duminy en Yolanda Prinsloo. Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'