RIVERSDAL NUUS - Oktober is borskanker bewusmakingsmaand en daarom wil Kansa meer bewusmaking skep deur plaaslike kerke met hul Kerse van Hoop-veldtog te betrek.
"Kerse van Hoop simboliseer die hoop dat daar eendag ‘n geneesmiddel vir kanker gevind sal word en dat die Vlam van Hoop brandend gehou sal word tot die dag wat dit oorwin word,’’ verduidelik Brenda Scholtz, voormalige voorsitter.
Dié kerse word by verskilende kerke in die Hessequa-streek aangesteek. Die St. Andrew’s Kerk en VGK Kerk in Riversdal was eerste aan die beurt op Sondag 2 Oktober. Die AGS Aloeridge het Sondag 9 Oktober hul kerse gebrand.
Ander kerke in Riversdal sal ook hul beurt kry om met die veldtog gedurende die res van die maand.
Die jaarlikse Kanse Relay for life is weer na twee jaar op dreef en sal vanjaar by die Riverville-stadion op 19 en 20 November plaasvind.
Vir inskrywings kan Chanel Louw by 079 909 1397, of die voorsitter, Vermith Kleinbooi by 067 911 1369 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'