STILBAAI NUUS - Hoewel minder besoekers as wat verwag is tot op datum opgedaag het, was die N2 van Vrydag 20 Maart af opmerklik besiger.
Heelwat motors met karavane en sleepwaens wat nie plaaslike nommerplate het nie, het op die R305 na Stilbaai afgedraai.
Die dorp se kruidenierswinkels het ook langer toue as gewoonlik gehad.
Saterdag 21 Maart was dit ’n geskarrel by drankwinkels om voor die nuwe toemaaktyd ’n lafenissie vir die keel aan te skaf.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'