HEIDELBERG NUUS - Danksy die flink optrede van 'n wakker polisieman is vier gewapende rowers Woensdagmiddag, 12 Julie, op die N2 tussen Riversdal en Albertinia gearresteer nadat hulle 'n huiswinkel in Heidelberg beroof het.
Die plaaslike polisie is omtreeks teen 17:45 ingelig van 'n gewapende roof by 'n huiswinkel in Joe Slovo Park waartydens 'n onbekende bedrag geld gebuit is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, het konst. Keeno Fredericks met sy aankoms op die toneel al die ander polisiestasies van die rooftog verwittig en is daar padblokkades op die N2 opgestel.
Die vier rowers is tussen Riversdal en Albertinia vasgetrek en op die toneel gearresteer. Die polisie het ook op groot bedrae kontant beslag gelê.
Al vier rowers verskyn Dinsdag in die hof in Heidelberg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’