ALBERTINIA NUUS - Verskeie persone is beseer na 'n botsing op Vrydag 22 September, ongeveer 14:00 op die N2 by die Swartklip-afdraai.
Volgens kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, het 'n Nissan Navara met sleepwa blykbaar langs die pad in die geel lyn gestaan.
Agter die Navara het 'n VW Golf gestaan.
"Niemand was in die voertuie nie, maar langs die kant van die pad.
"Na bewering het 'n Nissan Micra van agter teen die VW Golf gebots, wat op sy beurt die sleepwa gestamp en tussen die mense inbeweeg het."
Al die beseerdes is na Riversdal-hospitaal geneem. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Die Volkswagen Golf het groot skade opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'