HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Vermeende dief is nog op vrye voet nadat die polisie op ’n huis in Witsand toegeslaan het.
Volgens die polisie het ’n inwoner van Witsand hulle verwittig dat daar by ’n naburige vakansiehuis lig brand en dat die eienaar volgens hul kennis nie tuis is nie.
Volgens sp. sers. Whitey Solomon het die dief onraad vermoed toe die polisie inbeweeg het en sonder sy buit, wat ’n Samsung TV en Safeway CD/Hoëtroustelsel insluit, spore gemaak.
Enigiemand wat die polisie met die nodige inligting kan verskaf om die kwaaddoener te arresteer, kan met Solomon by 084 661 1155 of die dienssentrum by 10111 of 028 722 1910 skakel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'