RIVERSDAL NUUS - ’n Damesleesbril het Vrydag 31 Augustus omstreeks 09:00 naby Riversdal SuperSpar verlore geraak.
Die eienaar van die bril het dit op ’n motor wat voor die winkel parkeer was se dak gesit. Die motor het weggery en dit het moontlik langs die pad afgeval.
Die bril het groen armpies of oortjies, soos sommige mense daarna verwys, met ’n dun roesbruin kleur om die lense. ’n Beloning is beskikbaar vir die persoon wat dit terugbesorg.
Indien jy die bril vind, handig dit by die winkel of Suid-Kaap Forum se kantoor in, of skakel Mariaan Joubert by 066 242 4756.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'