SUID-KAAP NUUS - ’n Storm is aan die broei onder oud-staatsdienswerkers wat in die apartheidsjare nie hul regmatige pensioen-uitbetalings ontvang het nie.
Destyds was staatsdienswerkers volgens ras geklassifiseer en het verskillende salarisse en pensioenvoordele ontvang.
Regstelling van pensioene aan alle sulke benadeeldes is reeds in 1998 en in 2002 aan die Bargaining Council (staatsdienswerkers se onderhandelingsraad) voorgelê en goedgekeur.
Dié aansoekproses is deur die onderhandelingsraad deur resolusie 03 van 2012 op 31 Maart 2012 gesluit verklaar. Die proses word nou afgehandel, maar daar derduisende staatsdienswerkers wat nie eens van hierdie proses geweet het nie.
Die aksiekomitee se doel is om die afsnydatum van 31 Maart 2012 verleng te kry om diegene wat reeds uit die stelsel is, geleentheid te gee om aansoek te doen
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'