RIVERSDAL NUUS - Terwyl inwoners van Riversdal steeds sonder krag sit weens Eskom-herstelwerk in die Hessequa-gebied, bied Signor Vino ’n welkome toevlug vir inwoners wat ’n warm drankie en 'n smaaklike ete soek.
Die restaurant nooi inwoners om die koue te trotseer met ’n warm koppie koffie en iets te ete, terwyl selfone en skootrekenaars daar herlaai kan word.
Volgens Hessequa-munisipaliteit is Eskom tans besig met herstelwerk aan die kragnetwerk en behoort die elektrisiteit teen vanaand geleidelik herstel te word.
Intussen bied Signor Vino ’n gesellige atmosfeer waar inwoners om die vuur kan saamkuier, warm bly en die uitdagings van die kragonderbreking vir ’n oomblik vergeet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’