STILBAAI NUUS - ’n Veldbrand het Dinsdagmiddag, 28 Oktober, naby die Anglikaanse Kerk en Vodacom-toring in Stilbaai, naby Melkhoutfontein, ontstaan.
Danksy ’n vinnige reaksie deur die Hessequa Munisipaliteit, met bystand van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit (GRDM) se brand- en reddingsdienste, is die brand vinnig onder beheer gebring voordat dit enige verdere skade kon aanrig.
Uitbluswerk is steeds aan die gang, en owerhede bly op die toneel om seker te maak dat daar geen opvlammings plaasvind nie.
Die publiek word aangemoedig om waaksaam te bly en uiterste versigtigheid aan die dag te lê met enige moontlike ontstekingsbronne, veral met die aanbreek van die droë somerseisoen.
Enige veldbrande moet onmiddellik gerapporteer word aan die GRDM-noodsentrum by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’