RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike ACVV-tak het onlangs 'n vakansieprogram vir leerders tussen die ouderdomme van 6 en 18 aangebied.
Hessequa-munisipaliteit het R1 500 tot die vakansieprogram bygedra.
Die kinders is deur die plaaslike polisie, brandweerdienste en Daantjie Kat oor veiligheidsake ingelig, terwyl maatskaplike dienste 'n kliniek oor gesondheid en die mens se liggaam aangebied het.
Die leerders het ook 'n plaas buite Riversdal besoek en twee speletjiesdae geniet.
Hugo Redelinghuys het met sy kamera gaan loer wat hulle in die speelparkie aanvang.
Die groot groep kinders het aan die ACVV se week lange vakansieprogram deelgeneem. Foto: Hugo Redelinghuys
Dis sommer kinderspeletjies om voor 'n kamera te poseer. Daar is geen verhoogvrees of enige inkennigheid nie.
Gee 'n kind 'n bal en die gort is gaar.
Hier sit die manne.
Claudia Saayman (links) en Normaleen Kamfer het hulself gate uit geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'