Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Gesin van Hoogstraat op Heidelberg het Dinsdagaand, 10 Augustus 'n rukkie na sononder al hul besittings in 'n oogwink verloor toe hul houtstruktuur deur vlamme verswelg is.
Dié vlamme was so fel dat 'n huis aan die oorkant van die pad ook begin brand het.
Dié brand kon gelukkig redelik gou geblus word en kon die eienaars darem sommige van hul besittings red. Die brandweer, polisie en ander munisipale werkers was vinnig op die toneel. Geen beserings is aangemeld nie.
Fotogalery: Brand op Heidelberg
Slegs 'n hoop rommel en as het egter van die houtstruktuur oorgebly. Al wat die bewoners, Kevin Hartzenberg en Angelique Ruiters oorgehou het, is die klere wat hulle aangehad het.
Hartzenberg (084 589 5512) of Angelique (062 802 9984) kan geskakel word indien enigiemand bereid is om hul by te staan.
Kyk 'n video hieronder:
Die ander egpaar, Ricardo en Angelique Manhou het 'n sesjarige seun en 10-jarige dogter. Ook hulle het hulp nodig en weldoeners kan Ricardo kontak (063 458 9794).
Die ander jong paartjie se houtstruktuur het tot op die grond afgebrand.
Ricardo en Angelique Manho staan voor hul huis wat ook begin brand het na hul bure aan die oorkant van die straat se houtstruktuur deur vlamme vernietig is.
Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'