HEIDELBERG NUUS - Twee persone, onderskeidelik ’n middeljarige man en ’n jongvrou is agter tralies nadat hulle in afsonderlike gevalle oor die afgelope naweek in hegtenis geneem is in verband met gesinsgeweld.
Volgens sers. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, het die misdade Saterdag 28 Februarie gebeur en is beide die volgende dag gearresteer.
Benewens die aanklagte met betrekking tot gesinsgeweld, is daar ook klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verbreking van beskermingsbevel, en moontlike saakbeskadiging teen die man.
Die jongvrou staar ’n klag van poging tot moord in die gesig. Sy het gister in die plaaslike landdroshof verskyn. Die man sal vandag (Woensdag) in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’