STILBAAI NUUS - Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub in Stilbaai se gasspreker Dinsdag 21 Mei om 09:30 is die voëlkenner Francois Fürstenburg.
Francois gaan praat oor tuinvoëls in sandveld tuine.
Alle lede word aangemoedig om die bymekaarkom in Die Waenhuis by Jagersbosch by te woon, maar nie-lede is ook baie welkom.
Die koste is R40 per persoon, maar Francois is 'n formidabele spreker en hy het 'n passie vir hierdie onderwerp en voëls in die algemeen en dit is beslis die moeite werd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’