RIVERSDAL NUUS - Ten spyte daarvan dat hy waarskynlik nie meer sy dagtake as tuinier sal kan nakom nie omdat sy regterbeen afgesit moes word, glimlag Adam Baadjies (82) steeds.
Baadjies wat 'n bekende gesig en werker vir baie inwoners is, hetsy deur tuin-, hout- of skoonmaakwerk, het ook vir 10 jaar tot en met 2017 as tuinier by Suid-Kaap Forum gewerk.
Die kantoor het toe na 'n ander perseel verskuif.
Baadjies is 'n boorling van Riversdal en is getroud met Dina.
Die egpaar bly in Môrestond. 'n Liddoring-infeksie in sy regtervoet het veroorsaak dat sy been noodgedwonge afgesit moes word om sy lewe te red. Hy sterk in die plaaslike hospitaal aan.
Die koerantpersoneel wens hom sterkte met sy herstelproses toe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'