RIVERSDAL NUUS - Almal wat die Green Fingers-tuinbouklub se jaarlikse natuurpraatjie op dié dorp bygewoon het, is huis toe met ‘n pragtige plant van die koningsprotea.
Van die klub se lede en tuingeesdriftiges het Woensdag, 13 Maart, by die Vreugdesaal van die NG Kerk-Wes met belangstelling na verrassende, insiggewende en hoogs informele vermaaklike praatjies oor die natuur geluister.
Die sprekers was Linda Fletcher, die volhoubaarheidsbestuurder, en Louis Jordaan, die Klein-Karoo se voorligtingsbeampte. Hulle is albei verbonde aan die Gouritz-biosfeerreservaat.
Daar is gefokus op biodiversiteit en die bewaring van die omgewing, wat spruit uit kennis, betrokkenheid, ontdekking en begeestering.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’