Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Vragmotor het vanoggend (Donderdag 18 Oktober) ongeveer 06:30 die pad verlaat en omgeslaan op die N2 tussen Stilbaai en Riversdal.
Die vragmotorbestuurder het blykbaar aan die slaap geraak. Hyself het geen beserings opgedoen nie, maar sy passasier het blykbaar sy ribbes beseer en het 'n snywond aan sy mond opgedoen.
Hulle was vanaf George na Kaapstad onderweg, waar hulle in diens van ‘n sekuriteitsmaatskappy is.
Geen ander voertuig was in die voorval betrokke nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'