Update
HESSEQUA NUUS - Protokol ten opsigte van die voorkoming en bekamping van die Covid-19-pandemie, het nuwe reëls en regulasies genoodsaak.
As gevolg van 'n ernstige toename in Covid-19 gevalle in die Tuinroete-distrik, het die staatspresident strenger Covid-19-regulasies afgekondig om die verspreiding van die virus te beperk.
Dit sluit, onder andere, die toegang tot openbare geriewe soos swembaddens, strande en dagkampe in.
Vir die Hessequa-streek sluit nuwe beheermaatreëls in dat slegs 60 persone op 'n keer in die Heidelberg- en De Mist-swembaddens mag swem. Alle strande is met onmiddellike effek vanaf 16 Desember tot en met 3 Januarie gesluit.
Openbare parke sal tussen 09:00 en 18:00 oop wees, maar die dra van maskers en sosiale distansiëring word vereis.
"Geen harde musiek word in parke toegelaat nie. Sou bogenoemde protokol nie gevolg word nie, sal die parke met onmiddellike effek gesluit word," het Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte gesê.
Die dagkampe langs Preekstoel-kampeerterrein op Stilbaai, Witsand en Gouritsmond is vir besoekers gesluit. Skulpiesbaai-buitelugarea (Stilbaai) sal ook op 31 Desember gesluit wees om 'n samedromming van mense te voorkom.
Die getyswembad by Gouritsmond, asook die getypoel by Jongensfontein is ook gesluit. Geen kampering langs die Gouritsmond-kusgebied word toegelaat nie.
Vorige artikel: Pandemie met streng regulasies onderdruk
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'