HEIDELBERG NUUS - 'n Plaaslike taxibestuurder is Saterdag 4 April in hegtenis geneem nadat hy 'n waarskuwing vroeër deur die polisie verontagsaam het deur nie by die voorgeskrewe tye te hou nie.
Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisie mediawoordvoerder is die bestuurder gewaarsku dat hy nie meer tot later die middag mense mag vervoer nie.
Hulle het ook beslag op die voertuig gelê.
Die bestuurder sal op 'n later datum in die hof verskyn. - Clive Pretorius, korrespondent.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'