STILBAAI NUUS - Pieter van Niekerk van die Stilbaai Houtwerkgroep het die taak op hom gevat om die straatbiblioteek by Palinggat 'n nuwe baadjie te gee.
Hy het die ou huisie gevat, hom pragtig gerestoureer en weer op sy plek gaan staanmaak.
Nogeens 'n onbaatsugtige diens deur 'n trotse Stilbaai inwoner.
'n Plaaslike inwoner sal nou die biblioteek gedeelte onderhou.
Bring gerus boeke wat in jou pad is vir hierdie en die ander straatbiblioteke in Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’