STILBAAI NUUS - Die plaaslike skryfkring het Saterdagoggend 18 November hul boek met die naam ‘Waarheen die Wind Waai’ in Die Waenhuis bekend gestel.
Dié boek bestaan uit ‘n versameling van ongeveer 300 stories en gedigte in Afrikaans en Engels wat deur hul lede geskryf is en handel oor plekke in Stilbaai, die res van die land en die buiteland.
Die Skryfkring, wat in 1984 gestig is, publiseer elke vyfde jaar ‘n boek en dit is reeds hul sewende boek.
Die kring bestaan tans uit ongeveer 20 lede, waarvan die oudste amper 90 jaar oud is terwyl die jongste 17 jaar oud is.
Daar is vanjaar ten minste een publikasie van elke lid in die bundel.
Die geld uit die verkope van die 300 kopieë wat gedruk is, word onder andere vir die Skryfkring se Skole Skryfprojek, wat by Laerskole Melkhoutfontein en Bertie Barnard aangebied word, aangewend.
Die omslag is ‘n kunswerk deur die kunstenaar, Beth Lowe en beeld ‘n toneel met vlieërs op die Stilbaai-strand uit. Dit is by lede van die Skryfkring beskikbaar.
ETB Stilbaai Skryfkring: Lede van die Skryfkring is voor, van links Wessel Bester, Esther Scheffer, Gerda Paperdorf en Ann Hiemstra. Agter: Hella Döckel – voorsitter en Koosie Delport.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'