STILBAAI NUUS - Die 16 Dae van Aktivisme van Geen Geslagsgeweld is ‘n internasionale veldtog vanaf Woensdag, 25 November (die internasionale dag vir die eliminering van geweld teen vroue) tot 10 Desember (Menseregtedag).
Badisa Stilbaai gaan gedurende dié tydperk daagliks ‘n plakkaat in die dorp aanbring om die verskeie soorte geweld wat teen vrouens gebruik word, uit te beeld ter bewusmaking van dié veldtog.
Dié wêreldwye veldtog het in 1991 begin en individue en organisasies doen spesifiek ‘n beroep op die voorkoming en eliminasie van geweld teen vroue en dogters.
Die 16 Dae van Geen Geweld teen Vroue is in Suid-Afrika uitgebrei om kinders in te sluit, omdat die syfers van kindermishandeling en -misbruik, asook geweld teen kinders hoogty vier.
Tydens die globale grendeltyd vanweë die Covid-19-pandemie, het geweld teen vroue, wat reeds ontstellende hoogtes bereik het, selfs verder verhoog.
Volg Badisa Stilbaai se Facebook-bladsy vir daaglikse inligting, of kontak Cornelia Giliomee (028 754 2203 / badisastilbaai@telkomsa.net.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'