Gallery
STILBAAI NUUS - Stilbaai het gedurende die Desembervakansie vir die eerste keer ’n konsert, Rocking Stilbaai, wat deur SA Concerts (CSA) aangebied is, beleef.
Die geleentheid, wat bekende en minder bekende kunstenaars op die verhoog gehad het, het veral onder studente groot byval gevind.
Sowat 4 000 toegangskaartjies is vir die konsert, wat op 26 en 27 Desember op ’n oop stuk grond net buite die dorp aangebied is, verkoop.
Onder die kunstenaars was Jack Parow, Die Heuwels Fantasties en Glaskas, om maar net ’n paar te noem.
Volgens die hooforganiseerder Eduard Hugo word beplan om Desembermaand weer ’n konsert aan te bied.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'