STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-sakekamer gaan tydens sy algemene jaarvergadering op 30 Mei om 18:30 by die Stilbaai-gholfklub 'n belangrike bespreking hê oor wat nodig is om in die huidige dinamiese markomstandighede relevant te bly.
Die dinamiese bestuur van die sakekamer het navorsing gedoen en na verskeie besigheidsmodelle landwyd gekyk wat hulle nou met lede wil toets.
Hulle uitgangspunt was dat hierdie vernuwing of verandering vir die Hessequa-gemeenskap en besighede waarde moet ontsluit.
Prof. Jannie Rossouw van die Universiteit van die Witwatersrand is as gasspreker genooi en hy gaan ondermeer gesels oor die impak van die ekonomiese klimaat op kleinsake en wat eienaars kan doen om risiko's te bestuur, sowel as die rol en belangrikheid van 'n oorkoepelende sake-organisasie in Suid-Afrika.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’