STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Leeskring is 'n baie aktiewe groep mense met omtrent 40 Afrikaanse en Engelse lede.
Hulle kom elke eerste Donderdag van die maand om 14:30 by Stilbaai Biblioteek bymekaar waar hulle dan boek- en groepbesprekings doen en somtyds is daar ook sprekers.
Alle liefhebbers van lees word aangemoedig om deel te word van hierdie lekker leesgierige groep en om meer te wete te kom kan jy vir Lana Nel skakel by 072 155 7003.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’