STILBAAI NUUS - Die vyfde Stilbaai-boekefees vind op 27 en 28 Februarie plaas, en volgens organiseerder Elna van der Merwe is daar vanjaar verskeie verrassings en nuwighede op die program.
Elna reël die boekefees sedert die ontstaan daarvan, en elke jaar slaag sy daarin om dit nóg beter te maak.
Sy het by geleentheid gesê: "Stilbaai is 'n toeristebestemming, verblyf is bekostigbaar en skrywers en gespreksleiers kom graag hierheen om deel te neem aan 'n fees waar die Afrikaanse boek pronk."
Besprekings open op 16 Januarie by Quicket.co.za, en kontantkaartjies sal vanaf Vrydag 16 Januarie beskikbaar wees by Blomstories.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’