STILBAAI NUUS - Die vakansie is in sy laaste stuiptrekkings, maar Stilbaai is alreeds gereed vir die volgende groot gebeurtenis, die Stilbaai-boekefees.
Die boekefees vind vanjaar plaas van 21 tot 23 Februarie en beloof om jou nie teleur te stel nie.
Volgens Elna van der Merwe, organiseerder van die boekefees, het hulle 'n span sprekers genooi wat jou kop gaan oopblaas.
Sy sê sprekers soos Dominique Botha, Lynthia Julies, Danie Marais, Waldimar Pelser, Qaanitah Hunter, Piet Croucamp, Dawie Boonzaaier, Louise Viljoen, Ingrid Winterbach, Andries Gouws, Irma Venter, PJO Jonker, Louis Janse van Vuuren, Isabella Niehaus, Jolyn Philips, Marié Heese, Riana Scheepers, Renée Conradie, Elizabeth Wasserman, Susanne Beyers, Jeremy Veary, Ingrid Jones, Kabous Meiring, Frederik de Jager, Sjaka S. Septembir, Obie Oberholzer, Wendy Maartens en Pieter Marais gaan dit 'n onvergeetlike ervaring maak.
Besprekings open middel-Januarie op Quicket.co.za
Elna beskryf dit as die groot fees op die klein dorpie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’