RIVERSDAL NUUS - Die tyd het weer aangebreek vir die jaarlikse Kansa Relay for Life wat vanjaar vanaf Saterdag 11 tot Sondag 12 November plaasvind.
Oudergewoonte is die amptelike afskoptyd 18:00 op Saterdag, hoewel spanne heelwat vroeër moet opdaag om hul stalletjies vir die geleentheid op te slaan en voor te berei.
Die verrigtinge duur tot 06:00 Sondagoggend, met 'n volgepropte deurnagprogram om almal wakker te hou.
Die hoogtepunt van dié byeenkoms is natuurlik wanneer die kerse in die luminariasakkies aangesteek word, ter nagedagtenis aan alle kankervegters wat hul stryd teen dié siekte verloor het, maar ook aan die kanker oorwinnaars en diegene wat steeds teen kanker veg.
Indien jy dus nog nie 'n span ingeskryf het nie, doen dit sommer vandag nog.
Dit gaan jou slegs R60 per spanlid uit die sak jaag, wat 'n luminariasakkie insluit. Individue is ook welkom om in te skryf.
Indien jy nie wil deelneem nie, kan jy as 'n dagbesoeker gaan teen slegs R50.
Vir meer inligting kontak Elfrieda Pieterse by 072 374 8025 of e-pos haar by elfrieda.pieterse@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'