HESSEQUA NUUS - Die afgelope week het daar 8,6 mm reën in Riversdal se opvangsgebied geval.
Vir die maand is 27,3 mm gemeet. Daar is geen verandering in die damvlakke nie en al vier damme is steeds vol.
Die jongste stand van damme:
17 Julie
- Korentepoortdam - 101%
- Duivenhoksdam - 101%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
24 Julie
- Korentepoortdam - 100%
- Duivenhoksdam - 100,4%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’