Update Video
RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Riversdal het die afgelope week hulle harte oopgemaak en kos het begin instroom by Suid-Kaap Forum se kantoor na aanleiding van verlede week se berig oor Becca's-sopkombuis wat om hulp vra.
Vars groente, sopmengsels, pakkies sop, bone, rys, brood, blikkieskos en nog vele meer is deur inwoners kom aflaai.
Die barmhartige vrou van Kwanokuthula, Rebecca Johnson, het vandag die skenkings kom afhaal en die gemeenskap uit haar groot hart bedank.
Rebecca bedryf die sopkombuis, uit ’n klein kombuisie en probeer haar beste om drie keer per week ’n bord voedsame kos aan behoeftige mense voor te sit.
Sy bedryf die sopkombuis sonder enige staatsubsidie en is totaal afhanklik van die goedhartigheid van Riversdal se inwoners en het egter nog daagliks hulp nodig omdat daar elke dag meer honger magies gevoer moet word.
Video: Ben Snyman
Vorige artikel: Sopkombuis in Kwanokuthula smeek om hulp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’