STILBAAI NUUS - Die Vroue Landbouvereniging van Stilbaai het Dinsdag 10 Junie hulle maandelikse byeenkoms in Die Waenhuis by Jagersbosch gehou.
Hulle tema was die kleur oranje en die openbare sake portefeulje het uit hulle pad gegaan om die hele middag in oranje te tooi.
Van die verwelkomingsdrankie af tot by die botterskorsiesop en selfs die jakkie wat Cathy Matthee vir die toiletrol aangetrek het in haar demonstrasie was oranje.
Kenneth en Janet Gormley van die Oh My Gluten-Free restauant was gassprekers en het gepraat oor gluten-vrye produkte en maaltye en hoe 'n gesonde leefwyse lekker kan wees.
Cathy Matthee het demonstreer hoe jy die gaste se badkamer kan opkikker met 'n eenvoudige toiletrol.
Daar was ook 'n demonstrasie van die verskillende maniere hoe 'n serp gedra kan word en die middag is afgesluit met heerlike sop en broodjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’