MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Soetfontein Senior Burgerklub van Melkhoutfontein het hulle jaareindfunksie by Kasselshoop gehou.
By hierdie geleentheid het sers. Chrissie Lewaks van Stilbaai-polisie hulle toegespreek oor geslagsgebaseerde geweld en sy het ook uitgereik na diegene wat oor die feestydperk alleen gaan wees.
Lewaks het almal 'n geseënde feestyd toegewens en hulle bedank vir hulle toewyding om hand aan hand met die polisie te werk.
Sy het ook die Blombos Apteek bedank vir die geskenkies vir die senior burgers en Kasselshoop vir die versiering van die tafels. Die bejaardes het dit baie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'