STILBAAI NUUS - Die Soetfontein Senior Burgerklub van Melkhoutfontein het Donderdag 9 Oktober 'n kankerbewustheidstap en -praatjie gehad.
Die groep het eers almal in Melkhoutfontein bymekaargekom waar hulle saam gebid het en toe het Rinda Swanepoel en Zebi Boshoff eers op hulle ramshorings geblaas voordat die groep na die gemeenskapsaal gestap het.
By die gemeenskapsaal het hulle lekker saamgesing en daar was praatjies oor kankerbewustheid, waarna daar lekker snoepgoed voorgesit is.
Die goue draad deur die verrigtinge was dat kanker nie noodwendig 'n doodvonnis is nie, maar dat dit in God se hande is of daar genesing is. Bly dus glo en vetrtrou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’