STILBAAI NUUS - Die Soetefontein Senior Burgerklub het Vrouedag op Dinsdag 16 Augustus behoorlik gevier.
Afgesien van die pret onder die bejaarde dames van die klub is die eenheidsgevoel onder almal baie versterk.
Die saal was pragtig met blomme en ander dekor versier.
Catherine Saayman het die feesvieringe op gepaste wyse met Skriflesing en gebed geopen, waarna sers. Christiana Lewaks van Stilbaai-polisie hulle toegespreek het. Sy het hulle aangemoedig en geïnspireer om te bly groei en na mekaar uit te reik.
Die voorsitter Albert Cloete, en pastoor Amanda Duncan het die dames geestelike bemagtiging in al die fasette van die lewe gegee.
Christelle Cloete se praatjie het gegaan oor "Balance for Better" en sy het, onder andere, gesê dat vroue moet opstaan teen mense wat na hulle afpraat. Sy wil sien dat vroue opstaan en die volle erkenning kry wat hulle verdien.
Hessequa-munisipaliteit se rdl. Rennee Davids het die verrigtinge afgesluit met 'n pragtige toespraak en sy vrou, Sharon, het almal wat bygedra het om die dag suksesvol te maak hartlik bedank.
Die klub is 'n nie-winsgewende organisasie wat gestig is om bejaardes te help met hulle daaglikse stryd en ook om geestelike ondersteuning te gee, sowel as berading waar nodig.
Dit bring bejaardes bymekaar in 'n gesellige, warm omgewing en hulle bevorder ook aktiewe veroudering.
Lede van die Soetefontein Senior Burger-klub luister aandagtig na die geleentheidsprekers.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'