RIVERSDAL SKOLENUUS - Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre het op 5 Maart 'n donateursaand aangebied. Eienaar Tammy Kleynhans, en haar personeel, het elke borg en elke persoon wat by die sentrum betrokke is, bedank vir hul volgehoue ondersteuning.
Small Dreams is 'n nie-winsgewende organisasie wat na leerders met spesiale behoeftes omsien.
Kleynhans het vertel wat die skool reeds bereik het en wat die toekomsplanne is.
Agter, van links: Waldrich Koen, Dawie van Rensburg, Anene Joubert, Callie Jordaan, Xander de Beer, Stef Kleynhans en Rouxlene de Beer. Middel: Jacques Oberholzer, Amelia Jordaan, Marzanne Barnard en Tammy Kleynhans. Voor: Estéa Venter, Mariska Oberholzer, Anita Peens en Leandi van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'